Hulp en Hoop Gemeenskapskerk

Visie

Jeug en Gesinne
Verhoudings
Betrokkenheid
Uitreike

Missie

Om met die liefde van Jesus Christus hulp en hoop aan alle mense te bring.

Kernwaardes

Die volgende sake word as kernbelangrik vir die gemeente beskou:

  • Gehoorsaamheid aan God
  • Die Bybel as bron
  • Christus die Weg
  • Omgee vir almal
  • Ruimte vir verskeidenheid

gestuurdegemeente


Die Ontstaan van die
Hulp en Hoop Gemeenskapskerk

Gelei deur gebed, het die Potgietersrus-Suid gemeente van die Moedergemeente afgestig tydens ‘n gemeentevergadering gehou op Sondag, 23 Maart 1986.

Die nuwe gemeente het afgeskop met ‘n Kerkraad van 25 Ouderlinge en 33 Diakens en het die nuwe kerkraad onder leiding van konsulent, Ds. John van der Westhuizen, op 1 April 1986, Ds. Roelf en Antoinette Opperman beroep as eerste leraarspaar. Intussen het die nuwe Gemeente die kergebou met die Moedergemeente gedeel en was dit reeds in 1987 nodig om ‘n tweede leraar te beroep. Ds. Chris en Francisca Harris is dan ook op 8 Augustus 1987 as tweede leraarspaar bevestig.

Die gemeente het ‘n sterk begeerte gehad vir ‘n eie plek van aanbidding en het na afstigting reeds ‘n boufonds gestig om hierdie begeerte te vervul.

Die verskyning van “Kerk en Samelewing” – die Sinode se beleidstuk oor menseverhoudinge – in die tyd, het beroeringe binne die gemeente veroorsaak. Die Afrikaanse Protestantse Kerk is kort hierna gestig. Daar was spanning in Kerkgeledere landswyd en die bou van ‘n eie Gemeente sentrum was vir eers op die langebaan geskuif.

Hierdie droom sou eers verwesenlik word in Januarie 1996 toe die nuwe Sentrum betrek is in HF Verwordstraat, Chroompark, Potgietersrus.

Twee jaar later word die sentrum te klein en word ‘n galery aangebou,. Die sentrum bied nou ruimte vir 850 mense.

Aan die einde van 2002 word ‘n doelmatige Jeughuis opgerig om die groeiende kategeseskool te akkommodeer.

In 2002 word ‘n derde leraar beroep met opdrag Jeugbediening. Ds. Fritz Snyman is op 4 Augustus 2002 as derde leraar bevestig. Hy trou op 25 Januarie 2003 met Dianda Haasbroek.

In 2004 het Dr. Roelf Opperman ‘n beroep aanvaar na Kameeldrif.

Die gemeente het in 2006 ‘n pragtige Gedenktuin gebou as diens aan die christengemeenskap van Mokopane.

‘n Polisiekapelaan (Dawie Kotze) skakel vanaf 2008 by die gemeente in.

Ds (Dr) Chris Harris ontvang in 2008 sy doktorsgraad in Teologie.

Die Wykskerk Sterkrivier word in 2008 Gemeenskapskerk. Die gemeente (dorp) se naam verander in 2009 na NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk. Einde 2009 aanvaar Ds Fritz Snyman ‘n beroep na Universiteitsoord.

Prop. Jacques Erasmus word beroep as medeleraar. Hy word op 29 November 2009 bevestig as medeleraar in die gemeente. Hy is getroud met Debbie.

In 2010 word die kuier-area vergroot en toegebou.

Kwarteeufees in 2011. Die Feesjaar word afgesluit met ‘n Dankie-sê Nagmaal en groot gemeente-ete saam met vorige leraars op 13 November.

Dr Chris en Francisca Harris vier op 5 Augustus 2012 hul 25ste jaar in die gemeente.

Die Kerkraad besluit om in 2014 ‘n 40 dae program te loods: “Sleutels tot lewe”. Daarna volg ‘n opvolg program, “Hoop wat groei en groei”.

Ds. Chantel Francis word vanaf 1 April 2014 aangestel as Pastorale Hulp vir ‘n vaste termyn tot Augustus 2015.

Die gemeente vier in 2016 haar 30ste bestaansjaar.

In 2017 is die gemeente se fokus op die Ekologie.

Susan Fourie word in 2017 aangestel as Jeugkoördineerder op ‘n Adhoc basis.

Dr Chris Harris verlaat die diens in Februarie 2018. Die Kerkraad besluit om vir eers nie te beroep nie.

Ds Madelein Strydom word op 21 Julie 2019 bevestig as Jeug Leraar met ‘n twee jaar kontrak. Francisca Harris bedank met ingang van 31 Julie 2019 as Sentrumbestuurder na 23 jaar diens. Ds Madelein trou op 23 November 2019 met Adriaan Bakker.

Nanette Strauss-Botha word aangestel as faktotum vanaf Januarie 2021. Covid-19 Epidemie tref die wêreld. Byeenkomste oa Kerkbyeenkomste van meer as 50 persone word verbied tydens ‘n inperkingsperiode. Met die aanpassing van die vlak van inperking kan eredienste volgens die nuwe normaal voortgaan met ’n beperking van 250 lidmate. Ds Madelein Bakker word beroep en aanvaar die beroeping na Bethlehem Oos met ingang van 1 Januarie 2021. Haar afskeidspreek vind plaas op 6 Desember 2020.

2021 Covid-19 Epidemie duur voort. Eredienste word aangepas volgens die vlak van inperking. Aanpassings word gedoen om meer lidmate tydens eredienste te akkommodeer. Die tent word opgeslaan vir ekstra sitplek, toerusting word aangekoop vir Facebook uitsendings van die erediens asook ‘n radiosender word aangekoop indien lidmate in hul voertuig na die diens op hul radio wil luister.. Jnr Kategese vind plaas gelyklopend met die oggenddiens in die Jeughuis. Lesse word ook uitgestuur dmv ‘n YouTube skakel. Aanddienste word vervang met Snr Jeugbyeenkomste (Hoërskool Jongmense). Fondsinsamelings word anders beplan met ‘n baie suksesvolle Deurry Basaar. Die bestaande
speelparkie word uitgebrei.

 

2022 “Normale” Eredienste hervat op 16 Januarie 2022. Covid inperkings geld maar eredienste word nie noemenswaardig beïnvloed nie. Amper weer normale kerk-hou met ‘n bywoningsgetal van +- 350 lidmate. Kinderkerk gelyklopend met die Oggenddiens vir Voorskool tot Gr 3. Jnr Kategese direk na die Oggenddiens vir Gr 1—7. Snr Jeugbyeenkomste (Kategese vir Hoërskool Jongmense) Sondagaande.

Belydenisklas begin 23 Januarie direk na die oggenddiens. Nanette Strauss-Botha bedank as Faktotum
(Sentrumbestuurder) Jaco Koekemoer word in haar plek aangestel.

Eredienste / Kategese begin in 2023 normaal sonder enige beperkinge ens van die afgelope paar jaar se Covid regulasies. Streng Loadshedding (krag onderbrekings) word ingestel wat ‘n groot uitdaging is vir die Eredienste en ekonomie.


Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan