Bedieninge

WAAR OM IN TE SKAKEL

Ons gemeente gee erkenning aan die gawes wat die Heilige Gees gee aan elke gelowige. Ons bied graag geleentheid aan lidmate om hulle gawes te beoefen tot eer van die Here en tot opbou van die gemeente.

Die gemeente se bedieninge is tans gestruktureer in vyf bedieningsaksie, naamlik
Jeug en Gesinne
Verhoudings en Betrokkenheid
Woord, Gebed en Musiek
Uitreike en Ondersteuningsdienste

Hier volg ‘n kort uiteensetting van elke Aksie. :

Jeug en Gesinne

Doel
Om alle Jongmense, kinders en gesinne in ons gemeente en dorp sinvol met die evangelie te bedien.

Aksies
Die volgende aksies word huidig deur die Jeug en Gesinne-aksie hanteer:

  1. Jeug: Kleingroepe (Kategese)
  2. Jnr Jeugaksies (Voorskool – Gr7)
  3. JA Aande (Hoërskool jeug)
  4. Kwarteeuers
  5. Bybelonderrig: Hoërskool / Laerskool asook CSV
  6. Jeugkampe
  7. Geloofsvorming – voorskool
  8. Kliederkerk (Gesinsdienste)
  9. Gesinsbediening

Erediens (Logistiek)

Doel
Om die aanbidding van die gemeente voor en binne die eredienste te koördineer.

Aksies
Die volgende projekte word tans deur die Erediensaksie hanteer:
1. Erediens
2. Gasvryheid
– Deurdiens
– Teeskink

Woord / Gebed en musiek

Doel
Om die aanbidding van die gemeente binne en buite die eredienste te koördineer.

Aksies
Die volgende projekte word tans deur die Woord-/ Gebed en Musiekaksie hanteer:
1. Musiekgroep
2. Orrel
3. Woord
4. Liturgietese ruimte en Kunsbedieninge
4. Tegniese Bediening (Klank en Projektor)
5. Gebedsbediening

Verhoudings en Betrokkenheid

Doel
Om as fasiliteringsaksie te dien vir alle versorgingsaangeleenthede aan lidmate van die gemeente en die gemeenskap te koördineer en te organiseer.

Aksies
Die volgende aksies word deur die Verhoudings en Betrokkenheidaksie hanteer:
1. Kontakgeleenthede
– Besoekspan (Nuwe Intrekkers)
– Siekebesoeke
2. Uitreike / Sending
– Abraham Kriel Kinderhuis
– Ouetehuis
– Dienssentrum
– Sendelinge
– Judea Getuienisforum
3. Ekologie
4. Verhoudings

Ondersteuningsdienste

Doel
Om personeel, fasiliteite, fondse en middele te voorsien vir al die bedieninge van die gemeente.

Aksies
Die volgende projekte word tans deur die Ondersteuningsdienste hanteer:
1. Bestuur van Fondse
2. Fondsinsameling
3. Diensverhoudinge
4. Eiendomme
5. Kerkkantoor
6. Kommunikasie
7. Christen Gedenktuin

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan