title_new

visieGod stuur ons om brûe na jongmense te bou!

missieOm met die liefde van Jesus Christus hulp en hoop aan alle mense te bring.

kernwaardesDie volgende sake word as kernbelangrik vir die gemeente beskou:

  • Gehoorsaamheid aan God
  • Die Bybel as bron
  • Christus die Weg
  • Omgee vir almal
  • Ruimte vir verskeidenheid

gestuurdegemeente


ontstaan
Gelei deur gebed, het die Potgietersrus-Suid gemeente van die Moedergemeente afgestig tydens ‘n gemeentevergadering gehou op Sondag, 23 Maart 1986.

Die nuwe gemeente het afgeskop met ‘n Kerkraad van 25 Ouderlinge en 33 Diakens en het die nuwe kerkraad onder leiding van konsulent, Ds. John van der Westhuizen, op 1 April 1986, Ds. Roelf en Antoinette Opperman beroep as eerste leraarspaar. Intussen het die nuwe Gemeente die kergebou met die Moedergemeente gedeel en was dit reeds in 1987 nodig om ‘n tweede leraar te beroep. Ds. Chris en Francisca Harris is dan ook op 8 Augustus 1987 as tweede leraarspaar bevestig.

Die gemeente het ‘n sterk begeerte gehad vir ‘n eie plek van aanbidding en het na afstigting reeds ‘n boufonds gestig om hierdie begeerte te vervul.

Die verskyning van “Kerk en Samelewing” – die Sinode se beleidstuk oor menseverhoudinge – in die tyd, het beroeringe binne die gemeente veroorsaak. Die Afrikaanse Protestantse Kerk is kort hierna gestig. Daar was spanning in Kerkgeledere landswyd en die bou van ‘n eie Gemeente sentrum was vir eers op die langebaan geskuif.

Hierdie droom sou eers verwesenlik word in Januarie 1996 toe die nuwe Sentrum betrek is in HF Verwordstraat, Chroompark, Potgietersrus.

Twee jaar later word die sentrum te klein en word ‘n galery aangebou,. Die sentrum bied nou ruimte vir 850 mense.

Aan die einde van 2002 word ‘n doelmatige Jeughuis opgerig om die groeiende kategeseskool te akkommodeer.

In 2002 word ‘n derde leraar beroep met opdrag Jeugbediening. Ds. Fritz Snyman is op 4 Augustus 2002 as derde leraar bevestig. Hy trou op 25 Januarie 2003 met Dianda Haasbroek.

In 2004 het Dr. Roelf Opperman ‘n beroep aanvaar na Kameeldrif.

Die gemeente het in 2006 ‘n pragtige Gedenktuin gebou as diens aan die christengemeenskap van Mokopane.

‘n Polisiekapelaan (Dawie Kotze) skakel vanaf 2008 by die gemeente in.

Ds (Dr) Chris Harris ontvang in 2008 sy doktorsgraad in Teologie.

Die Wykskerk Sterkrivier word in 2008 Gemeenskapskerk. Die gemeente (dorp) se naam verander in 2009 na NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk. Einde 2009 aanvaar Ds Fritz Snyman ‘n beroep na Universiteitsoord.

Prop. Jacques Erasmus word beroep as medeleraar. Hy word op 29 November 2009 bevestig as medeleraar in die gemeente. Hy is getroud met Debbie.

In 2010 word die kuier-area vergroot en toegebou.

Kwarteeufees in 2011. Die Feesjaar word afgesluit met ‘n Dankie-sê Nagmaal en groot gemeente-ete saam met vorige leraars op 13 November.

Dr Chris en Francisca Harris vier op 5 Augustus 2012 hul 25ste jaar in die gemeente.

Die Kerkraad besluit om in 2014 ‘n 40 dae program te loods: “Sleutels tot lewe”. Daarna volg ‘n opvolg program, “Hoop wat groei en groei”.

Ds. Chantel Francis word vanaf 1 April 2014 aangestel as Pastorale Hulp vir ‘n vaste termyn tot Augustus 2015.

Die gemeente vier in 2016 haar 30ste bestaansjaar.

In 2017 is die gemeente se fokus op die Ekologie.


Seisoene van die kerkjaar Tyd van die jaar Kleur
ADVENT 4 Sondae voor Kersfees Koningsblou en Purper
KERSFEES 25 Desember Wit en Goud
EPIFANIE Tussen 6 Januarie en Lydingstyd Groen
LYDINGSTYD 46 dae voor Paasfees Grys, donker aardse kleure
PAASFEES Wissel Jaarliks Wit en Goud
PASE Tussen Paasfees en Hemelvaart Wit en Goud
PINKSTERTYD Tussen Hemelvaart en Pinksterfees Rooi en Goud
PINKSTERFEES 50 dae na Paasfees Rooi en Goud
KONINKRYKSTYD Tussen Pinksterfees en Advent Groen

 

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan