AKTIWITEITE | INLIGTING |
Eredienstye | Oggend: 08:00 Sterkrivier (elke tweede Sondag) 09:00 Gemeentesentrum Aand: 18:00 DownTime (Worship geleenthede vir Gr 7 – 12 leerders by Hoërskool Piet Potgieter – Rugbyveld) Kinderkerk: (Voorskool tot Gr 3) Gelyklopend met die oggenddiens in die Jeughuis Lewendig uitsending van die Oggenddiens dmv Facebook. Na afloop van die erediens word die YouTube skakel op die gemeente se Whatsapp groep geplaas. |
Jeug: Kleingroepe (Kategese) | Kategese (Gr 1-10) Sondae direk na die erediens Belydenisklas: Sondagoggende om 10:30 in die Konsistorie |
Bybelstudie | Weeklikse byeenkomste op Woensdae om 09:00 en 18:00 by die gemeentesentrum. |
Jeugaksies | Word aangebied volgens kalender beplanning |
Doop | Elke eerste Sondag van die maand soos op die almanak aangedui. Doopvorms is beskikbaar by die kerkkantoor. Doopvorms moet ‘n week voor die kategese by die kerkkantoor ingelewer word. |
Senior Bediening | Aksie Jonk van Gees (‘n Interkerklike Aksie vir persone bo 60 jaar). Maandelikse byeenkomste. Skakel die Leraar of Tokkie Ras 082 462 3294. |
Huwelike | Datum moet vooraf met die leraar bevestig word. Bevestig ook datum by die kerkkantoor. Huweliksvorms beskikbaar by die kerkkantoor. Huweliksvorm met alle nodige dokumentasie en betalings moet ‘n maand voor die huweliksdatum by die kerkkantoor ingelewer word. |
Kommunikasie | Lidmate word ook uitgenooi om ons webblad te besoek by www.nghulpenhoop.co.za asook facebook by ng hulp en hoop gemeenskapskerk. te besoek. Die gemeente gebruik ook ‘n Whatsapp- en e-posbediening vir noodsaaklike kommunikasie met lidmate. Skakel die kerkkantoor indien u graag wil inskakel op die Whatsapp-groep. Smse word aan lidmate gestuur wat nie gebruik maak van die Whatsappgroepe nie. |
Boekrak (Biblioteek) | Stel Christelike boeke ens gratis beskikbaar, kan ook omgeruil word. |
Gebedsgroep | Ons doen voorbidding vir algemene sake in die gemeente, dorp en land. Wil jy deel van die Whatsapp gebedsgroep wees? Skakel gerus vir Alwyn Jordaan 082 375 9466. Vir noodgebede wat uitgestuur moet word op die kerk se whatsapp groep – Skakel die Leraar / Kerkkantoor. |
Gebedskamer | ‘n Veilige ruimte waar jy besondere tye in die Here se teenwoordigheid kan beleef. Die kamer is ingerig by die Moederskamer aan die westekant van die Gemeentesentrum. Privaat toegang.) Weeksdae gedurende 08:00 – 16:00. |
Gedenktuin | Bewaring van stoflike oorskot van geliefde. R2000 Enkelnis en R2500 Dubbelnis. Bemarking en verkoop van nisse skakel die kekrkantoor 015 491 3537 |
Noag se pARKie | Speelparkie vir kleuters in ‘n veilige omgewing op die kerkterrein. Toegang 09:00 tot 16:00 Vir na-ure toegang asook ook bespreking vir die huur van die parkie en lapa vir partytjies, skakel gerus vir Jaco Koekemoer 082 688 5971 |
SAVF (Maatskaplike dienste) | Tel 015 491 3149 |
Kindernoodlyn | 0800 055 555 |
Beradingskantoor | Hartklop Ondersteuningsentrum (Berading, Lewensafrigting en fasilitering) Karien Jordaan 062 116 8358 Coba Beyneveldt 082 391 1225 Shani de Beer 082 402 2165 |
Beradingsnoodnommer | Ds Jacques Erasmus 072 653 9845 |