Aanbiddingsaksie

Doel
Om die aanbidding van die gemeente binne en buite die eredienste te koördineer
 
Projekte
Die volgende projekte word huidig deur die Aanbiddingsaksie hanteer:

  1. Eredienste
    Erediensbeplanning word elke Dinsdag om 17:00 gedoen deur die verant­woordelike leraars en lidmate wat belangstel om deel te neem aan die beplanningsproses. Lidmate is welkom om insette te kom lewer.
  2. Eredienswerkers
    Die organiseer en toesig oor eredienswerkers soos saamge­stel uit die onderskeie bedie­ningsblokke in die gemeente. Daar is geleentheid aan elke lidmaat om te help met die verwelkoming by die deure, of eredienskollekte, of nagmaal­bediening.
  3. Musiek- en Kunsbediening
    Die organiseer van die musiek (sanggroepe, orreliste, musiekgroep, mimiekgroep) en kunste (blomme, ondersteuningsmateriaal vir eredienste).
  4. Tegniese Bediening
    Die gemeente maak gebruik van lidmate wat kundig is met klank­versorging en rekenaarvaardig­heid (videoborde) vir die erediens. Meld jouself asb aan!
  5. Gebedsaksie
    Die gemeente se gebedsaksie skep geleenthede vir lidmate om saam te bid en reël ook kursusse en seminare oor gebed. Die gemeente het ook ? voorbidder­span wat vir jou kom bid op aanvraag. Doen navraag oor die gemeente se Gebedsketting by die Kerkkantoor.

Indien jy belangstel in meer inligting of wil aanmeld vir diens, kan jy gerus die kerkkantoor skakel.

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan