Gemeentestruktuur

In ons gemeente is daar naas die geleenthede om as lidmaat by verskeie diensgeleenthede in te skakel, ook ‘n aantal bedieninge wat in die besonder gerig is op die opbou en versorging van lidmate:
 

  1. Die Gasheer/Gasvrou
    ‘n Gasheer/gasvrou is ‘n dienswerker in die gemeente. Die diens­werk omvat die volgende:

    • Help met reëlings vir Tee­skinkbeurte en fondsinsame­lingsgeleenthede.
    • Deurgee van kommunikasie vanaf die kerkantoor aan wyklede wanneer nodig.
    • Hulp met die reël van Blokbyeenkomste
  2. Die Omgeegroepleier
    ‘n Omgeegroepleier is ‘n dienswerker in die gemeente. Die dienswerk omvat die volgende:

    • Bywoon van weeklikse toerustingsgeleenthede soos deur die leraars gereël.
    • Organiseer van omgee/kleingroepbyeenkomste.
    • Leiding van die groepbyeenkomste.
  3. Die Versorger (Diaken)
    ‘n Versorger dien in die gemeente as diens­werker. Die dienswerk in ons gemeente behels die volgende:

    • materiële sorg
    • bejaardesorg
    • siekepastoraat
    • hulp aan familie van afgestorwe­nes, ens.

  4. Die Bestuurder
    ‘n Bestuurder dien, in die gemeente as ouder­ling. Hierdie ouderling se dienswerk behels die volgende:

    • Die Voorsitterskap van die kwartaalliks diensaksie vergadering.
    • Deurlopende bestuur saam met die diensaksiebestuur van die diensaksie se projekte.
    • Lid van die kerkraad.
  5.  

  6. Die Kerkraad
    Die Kerkraad is saamgestel uit:

    • Leraars
    • Admin Beampte (skriba)
    • Aksiebestuurders (ouderlinge)
    • Versorgerleiers (diakens)
    • Eredienswerk-leiers (Diakens).

    Die Kerkraad vergader normaalweg een keer per kwartaal.

  7.  

  8. Eredienswerkers

    Die eredienswerkers doen diens by die erediens. Hulle bedien Nagmaal en samel dankoffers in tydens die eredienste. Eredienswerkers is hierdie vrywilligers (oud en jonk) uit die gemeente wat op hierdie wyse dienswerk verrig. Die vier eredienswerker leiers dien as diakens op die kerkraad.

  9.  

  10. Die Besoekspan

    Die besoekspan van die gemeente bestaan uit lidmate wat toegerus is om besoek- en evangelisasiewerk te doen. Die Besoekspan bestaan uit drie groepe wat oor twee weeksaande Nuwe Intrekkers en ande r lidmate besoek op versoek of waar behoefte is. Die drie groepe word gelei deur drie leiers. Die Jeug- besoekspan reik uit na jongmense.

  11.  

  12. Die Voorbidderbesoekspan

    ‘n Aantal lidmate is beskikbaar om op versoek voorbidding te gaan doen by enige persoon wat daarom vra. Die span volg ook die voorbiddingslys vir siekes en ander behoeftes op soos wat dit verskyn in die gemeente-­afkondigings.

  13.  

  14. Bedieningsleiers

    ‘n Hele aantal bedieningsleiers uit die gemeente stel hulle gawes beskikbaar en tree as leiers op vir ‘n groot aantal bedieninge wat gerig is op die opbou van die gemeente en vir dienslewering in die gemeenskap.

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan