Gemeenteversorging

Doel
Om as fasiliteringsaksie te dien vir alle versorgingsaangeleenthede aan lidmate van die gemeente.
 
Bedieninge
Die volgende aksies word deur gemeenteversorging onderneem:

  1. Besoekspan
    Die Besoekspan bestaan uit lidmate wat toegerus word om Huis- en Evangelisasie-besoeke te doen aan nuwe intrekkers, lidmate en buite- kerklikes wanneer nodig.
  2. Versorgers (diakens)
    Dit is lidmate wat barmhartigheidswerk verrig in die gemeente, byvoorbeeld sieke- en bejaarde besoeke, materiële hulp ens.
  3. Aksie Jonk van gees
    ‘n Aksie vir die afgetredenes in die gemeente. Hulle het maandelikse byeenkomste en uitstappies soos afgekondig.
  4. “Inbetweeners” (Circle of Friends)
    Dit is ‘n aksie wat onderlinge kuier en uitstappies reël vir lidmate en ander belangstellendes tussen die ouderdomme van 35-55 (enkellopend of getroud).
  5. Omgeegroepe
  6. Nuwe Intrekkers
    Nuwe Intrekkers word so spoedig moontlik deur ‘n besoekspan van die gemeente besoek en word ook amptelik verwelkom by ‘n kwartaallikse Nuwe Lidmate Geselligheid.
  7. Gasvryheidsbediening
    Lidmate wat deel is van hierdie bediening verwelkom mede-lidmate by die deure tydens eredienste en sorg vir gasvryheid tydens teedrink-geleenthede van die gemeente.
  8. Toerustingskursusse- en kampe
    ‘n Verskeidenheid toerustingskursusse soos Netwerk Gawe Kursus, EE III Evangelisasiekursus, Manne- en Vrouekonferensies asook ‘n Gemeentekamp word jaarliks aangebied.Hou die afkondigings dop.
  9. Familiebediening
  10. Pastorale besoeke
    Die leraars doen, naas die jaarlikse wyksbyeenkomste ook huisbesoeke op aanvraag van lidmate.Hulle doen ook gereeld sieke- en bejaarde-besoeke en is op afspraak beskikbaar by die leraarskantoor vir pastorale werk.
  11. Sieke gebedsbediening
    Lidmate wat siek is of om enige ander rede behoefte aan voorbidding het, kan die sieke­besoekspan skakel om hulle aan huis of in die hospitaal te besoek om voorbidding te doen.
  12. Ouetehuisbediening
    Daar word uitgereik na die plaaslike ouetehuis dmv ‘n Oupa-en Ouma Projek, en gereelde besoeke asook die aankoop van toiletware vir die inwoners.
  13. Hulp en Hoop Hartslag
    Die Hulp en Hoop Hartslag is ons gemeente se maandblad wat maandeliks aan al ons lidmate gepos en ook in die gemeenskap versprei word. Lidmate kan ook foto’s en artikels voorlê die blad help borg dmv advertensies of skenkings.
  14. Huisbesoek
    Die Kerkraad het die volgende bedieningsmodel aanvaar nadat die gemeente geraadpleeg is:
    • Die primêre versorging van lidmate geskied deur kleingroepe.
    • Lidmate moet self verantwoordelik­heid neem om in te skakel by ‘n kleingroep van hulle keuse.
    • Leraars doen huisbesoek en berading op aanvraag.
    • Die Versorgers doen barmhartigheids­besoeke waar benodig.
    • Een keer per jaar lei die leraars Wyksbyeenkomste per wyk in die gemeente.
    • Die Gemeente Besoekspan besoek nuwe intrekkers en lidmate wat ‘n versoek gerig het.
    • Die Voorbidder Besoekspan gaan doen voorbidding aan siekes en soos aan­gevra.
  15. Pastoraat deur leraars
  16. Ondersteuningsgroepe
  17. Middeleeuers

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan