Jeugraad

Doel
Om alle Jongmense en kinders in ons gemeente en dorp sinvol met die evangelie te bedien
 
Aksies
Die volgende aksies word huidig deur die Jeugraad hanteer :

  1. Jeug: Kleingroepe (kategese)
    Kategese speel ‘n baie belangrike rol in die onderrig en pastorale versorging van ons jongmense.
    Kategese groepe funksioneer as Jeug-omgeegroepe wat deur volwasse raadgewers begelei word.
    Dit vind plaas direk na die oggenddiens.
    Die kategese het die LP3 Kategeseprogram geïmplimenteer.
  2. Supersnuiters
    Dit is die bediening aan alle voor en laerskool kinders tot en met graad drie.
    Dit vind Maandae tussen 14:00 en 15:00 by die gemeentesentrum plaas.
    Hier leer kinders praktiese geloofswaarhede terwyl hulle hope pret het.
  3. Spoorsnyers
    Alle graad vier tot ses kinders skakel in by hierdie aksie. Dit vind Maandae tussen 14:00 en 15:00 by die sentrum plaas.
    Hierdie is ook ‘n opwindende aksie vir ons kinders.
  4. 7’s vir Jesus
    Dit is die bediening aan alle graad sewe leerlinge.
    Hier word na hul unieke behoeftes omgesien in die hantering van ‘n erskeidenheid onderwerpe.
    Hierdie groep vergader Maandae 14:00 by die Jeughuis.
  5. JA Aande
    Dit is die bediening aan alle hoërskool jongmense.
    Hierdie groep word gelei deur ‘n bestuursraad wat verantwoordelik is vir die opstel, hantering en uitvoering van die program, soos deur die jongmense bepaal.
    Die groep vergader weekliks soos afgekondig.
  6. Kwarteeuers
    Dit is die bediening aan alle na-skoolse jongmense tot en met 35.
    Hier is die doel om nuwe vriende te ontmoet (uitreik), te kuier, mekaar te ondersteun en in geloof te groei.
    Hierdie groep vergader Woensdae om 18:30 in die Jeughuis.
  7. Alpha Jeug

  8. Bybelonderrig
    Die leraars bied weekliks Bybelonderrig aan by die Hoërskool en Laerskool.
  9. Jeugkampe
    ‘n Verskeidenheid Jeugkampe word Jaarliks vir ons jongmense aange­bied, byvoorbeeld Skoolverwisselingskamp, Survivorkamp, Graad 10 kamp en Belydenisklaskamp.
    Ons gemeente se samestelling (profiel) is van so aard dat 43.5 % lidmate jonger as dertig jaar oud is.
    Die volgende grootste groep is die ouers. Daarom staan hierdie gemeente bekend as ‘n jongmens­gemeente.
    Die gemeente was ook sedert haar stigting n die dorp bekend as die gemeente vir Jongmense.
    Die gemeente het ook ‘n uitgebreide jeugbediening vir alle ouderdomsgroepe.
    Daarom was dit nie vreemd dat die kerkraad na oorleg met die gemeente besluit het om ‘n Jeugvisie te aanvaar nie: Ons visie is om brûe na jongmense te bou.
    Ons doen dit deur hulp en hoop te bring aan alle Jongmense.
  10. Geloofsvorming – voorskool
  11. Aksie jong gesinne

 
Indien jy belangstel in meer inligting of wil aanmeld vir diens, kan jy gerus die kerkkantoor skakel.

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan