Ondersteuningsdienste

Doel
Om personeel, fasiliteite, fondse en middele te voorsien vir al die bedieninge van die gemeente.
 
Projekte
Die volgende projekte word huidig deur die Ondersteuningsdienste hanteer:
 

  1. Bestuur van Fondse
    Die begroting en bestuur van fondse word deur ‘n fondse – komitee bestuur. Die Bestuurder van die Onder­steuningsdienste tree as voorsitter op.
  2. Fondsinsameling
    Die gemeente het ‘n fondsinsamelingskoördineerder wat alle fondsinsame­lings van die gemeente koordineer en bestuur. Bekende aksies is die jaarlik­se Basaar, Tiendemaandinsameling (November), Koswaentjies, Kersmark­te, Gholfdae ens. Lidmate is welkom om vir hierdie verskillende projekte aan te meld.
  3. Diensverhoudinge
    ‘n Komitee vir Diensverhoudinge bestuur alle personeel aangeleenthede van die gemeente. Lidmate wat kundig is op die terrein van personeel- en arbeidsverhoudinge dien op die komitee
  4. Eiendomme
    Die eiendomme van die gemeente word bestuur deur ‘n komitee bestaande uit die sentrumbestuurder en kundiges oor terrein en geboue.
  5. Kerkkantoor
    Een van die leraars neem jaarliks verantwoordelikheid vir die bestuur van die kerkkantoor. Daar word weekliks ‘n kantoorverga­dering tussen die leraars en die kantoorpersoneel gehou. Die kerkkantoor word bedien deur ‘n Finansiële- en ‘n Administratiewe Beampte. Die kantoorure is Ma-Vry 07:30-16:30. Die kantoor is ook op Sondae oop en word dan bedien deur vrywilligers uit die gemeente. Die kerkkantoor se kontakbesonderhede is as volg :

    Tel: 491 3537/8853;
    Faks: 491 3537;
    E-pos: admin@ngpottiessuid.org.za / fin@ngpottiessuid.org.za

  6. Kommunikasie
    Die kerkkantoor neem ook verant­woordelikheid vir die gemeente se SMS bediening.

    Besoek gerus die gemeente se webtuiste:

    www.nghulpenhoop.co.za

    Facebook adres:
    https://www.facebook.com/nghulpenhoopgemeenskapskerk?fref=ts

  7. Christen Gedenktuin
    Die gemeente het in 2006 ‘n Gedenk­tuin opgerig waar die stoflike oor­skotte bewaar word van persone wat veras is. Alle Christene van Mokopane en omgewing is welkom van die tuin gebruik te maak. Verkope van nissies word deur Maximum Marketing (Tel: 082 693 9741) hanteer:

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan