Visioneringsaksie

Doel
Om die gemeente te lei in hulle Visie: Na wie toe stuur die Here ons? En Missie: Hoe doen ons dit?
 
Gemeentevisie
God stuur ons om brûe na jongmense te bou!
 
Gemeentemissie
God roep ons om met die liefde van Jesus Christus hulp en hoop aan almal te bring!
 
Bedieningsterrein
Die aksie is saamgestel uit verteenwoordigers van al die aksies van die gemeente. Die aksie dien ook as beplanningsaksie van die gemeente en bestuur die gemeentebouproses van die gemeente. Die visioneringsaksie kontroleer voortdurend die agt patrone van roepingsgetrouheid van ‘n gestuurde gemeente en monitor of die gemeente getrou bly aan haar visie.
 
Gestuurde Waardes
Die volgende ses gestuurde waardes is deur die aksie geïdentifiseer en word aan die gemeente voorgehou as dinge wat ons in ons tyd as kernbelangrik vir die gemeente beskou:

  • Bybel-gefundeerde prediking/lering
  • Mense is vir God belangrik
  • Doelbewuste dissipelskap en verantwoordbaarheid
  • Voorbidding
  • Oop vir almal
  • Inter-generasie gemeentlike lewe

Indien jy belangstel in meer inligting of wil aanmeld vir diens, kan jy gerus die kerkkantoor skakel.


AGT PATRONE IN ROEPINGSGETROUHEID

  1. Ontdekking van roeping
    (Gesamentlike onderskeiding waarheen God die gemeente stuur)
  2. Bybelse vorming en dissipelskap
    (Deur die Bybel verander tot gehoorsame en getroue dissipels van Jesus)
  3. Neem van risiko’s
    (Leer om weerstand vanuit die gemeente en vannuit die samelewing te hanteer)
  4. Gebruike wat iets van God se wil vir die wêreld sigbaar maak
    (Die gemeente se manier van doen help om iets van God se hart en wil te wys vir die hele wêreld)
  5. Eredienste as publieke getuienis
    (Die gemeente se aanbidding is op God gefokus en trek mense van buite aan)
    (Die gemeente bid saam en verwag dat die Gees sal lei en werk)
  6. Afhanklikheid van die Heilige Gees
  7. Op reis na die Koninkryk van God
    (Die gemeente is nie die koninkryk van God nie, maar ‘n voorsmaak daarvan)
  8. Roepingsgesag
    (Leierskap bevorder die soeke na God se roeping vir die gemeente en beliggaam dit)

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan