19 Julie 2018

Geagte gemeentelede van NG Hulp & Hoop Gemeenskapskerk

IS: TERUGVOER VAN VISIONERINGSPROSES

Agtergrond
Die Kerkraad het in 2017 besluit geneem dat die gemeente weer in 2018 Visioneringsproses moet deurloop. Daar is
toe besluit om te begin met die Visioneringsproses vanaf Mei 2018.

Die proses het soos volg verloop:
Die gemeente moes vir maand lank gaan bid het vir God se leiding vir ons Gemeente en al die idees wat God op hulle harte skryf in hulle stiltetyd dan neerskryf. Daar word toe 4 geleenthede geskep waar die gemeente uitgenooi is om hierdie idees te kom deel en waar die statistieke van die gemeente ook gedeel is met die gemeente. Daar is toe eenvoudige fasiliteringsproses gevolg by elke geleentheid om per geleentheid te bepaal wat is die belangrikste sake waarop gefokus moet word. Na die 4 geleenthede het die kerkraad bymekaar gekom op Saterdag 16 Junie 2018 waarin die 4 geleenthede se prosesse geƫvalueer is en elke geleentheid se uitkomste neergepen is. Daar is toe duidelik bevind dat die sake wat in elke geleentheid na vore gekom het, saamgevat kan word in die volgende vyf aksies, om bogenoemde sake
aan te spreek, nl.

1. Gesinne en Jeug (Bespreking 22 Julie 2018)
2. Verhoudings (Bespreking 29 Julie 2018)
3. Betrokkenheid (Bespreking 19 Augustus 2018)
4. Woord, Gebed en Musiek (Bespreking 26 Augustus 2018)
5. Uitreike (Bespreking 2 September 2018)

Uitnodiging
Aan die hand van 1 Petrus 4:10, waar ons mekaar moet dien met ons gawes, gaan u vanaf Sondag 22 Julie 2018 uitgenooi word om by een van die aksies betrokke te raak.

Asseblief word deel van aksiespan volgens die gawes en talente wat God vir jou gegee het. Kom droom asb saam!

Skakel gerus vir enige navrae.

Die uwe
DS. JACQUES ERASMUS

Hervisioner TERUGVOER BRIEF

OPVOLG BRIEF aan gemeente

Belangrike Kontakbesonderhede

Kerkkantoor
18 HF Verwoerd Straat
Tel: 015 491 3537
Kantoor ure:
08:00-16:00

Ds. Jacques Erasmus
072 653 9845
ds.jacques.erasmus@gmail.com

Jaco Koekemoer
Faktotum
082 688 5971

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
snapscan