Ondersteuningsdienste
Doel
Om personeel, fasiliteite, fondse en middele te voorsien vir al die bedieninge van die gemeente.
Projekte
Die volgende projekte word huidig deur die Ondersteuningsdienste hanteer:
- Bestuur van Fondse
Die begroting en bestuur van fondse word deur ‘n fondse – komitee bestuur. Die Bestuurder van die Ondersteuningsdienste tree as voorsitter op. - Fondsinsameling
Die gemeente het ‘n fondsinsamelingskoördineerder wat alle fondsinsamelings van die gemeente koordineer en bestuur. Bekende aksies is die jaarlikse Basaar, Tiendemaandinsameling (November), Koswaentjies, Kersmarkte, Gholfdae ens. Lidmate is welkom om vir hierdie verskillende projekte aan te meld. - Diensverhoudinge
‘n Komitee vir Diensverhoudinge bestuur alle personeel aangeleenthede van die gemeente. Lidmate wat kundig is op die terrein van personeel- en arbeidsverhoudinge dien op die komitee - Eiendomme
Die eiendomme van die gemeente word bestuur deur ‘n komitee bestaande uit die sentrumbestuurder en kundiges oor terrein en geboue. - Kerkkantoor
Een van die leraars neem jaarliks verantwoordelikheid vir die bestuur van die kerkkantoor. Daar word weekliks ‘n kantoorvergadering tussen die leraars en die kantoorpersoneel gehou. Die kerkkantoor word bedien deur ‘n Finansiële- en ‘n Administratiewe Beampte. Die kantoorure is Ma-Vry 07:30-16:30. Die kantoor is ook op Sondae oop en word dan bedien deur vrywilligers uit die gemeente. Die kerkkantoor se kontakbesonderhede is as volg :Tel: 491 3537/8853;
Faks: 491 3537;
E-pos: admin@ngpottiessuid.org.za / fin@ngpottiessuid.org.za - Kommunikasie
Die kerkkantoor neem ook verantwoordelikheid vir die gemeente se SMS bediening.Besoek gerus die gemeente se webtuiste:
Facebook adres:
https://www.facebook.com/nghulpenhoopgemeenskapskerk?fref=ts - Christen Gedenktuin
Die gemeente het in 2006 ‘n Gedenktuin opgerig waar die stoflike oorskotte bewaar word van persone wat veras is. Alle Christene van Mokopane en omgewing is welkom van die tuin gebruik te maak. Verkope van nissies word deur Maximum Marketing (Tel: 082 693 9741) hanteer: