Konneksie-Byeenkomste
vanaf 6 Februarie om 18:00
Dis vir ons leraars en Kerkraad belangrik om persoonlike kontak met ons lidmate in ons gemeente (in hul wyk / blok) te hê . Om dit prakties moontlik te maak, word konneksiebyeenkomste vir al ons lidmate gereël.
Belangrike aangeleenthede van die gemeente word bespreek en dis ook ’n wonderlike saamkuier geleentheid om ander lidmate te ontmoet.
Die kerkkantoor sal u per sms en of e-pos uitnooi na jou wyk / blok se byeenkoms.
Hierby aangeheg is die onderskeie konneksiebyeenkomste se datums asook ‘n dorpskaart wat die blok en wyk indelings aandui. Indien jy nie die betrokke byeenkoms kan bywoon nie, is jy welkom om by enige ander byeenkoms in te skakel. Bevestig net by die kerkkantoor voor of op die datum soos aangedui.
